fbpx

Weskus is ‘n migrasie-jeweel

‘N Rekordbedrag se eiendomme van altesame R170 miljoen is al in die aftreeontwikkeling Langebaan Manor, aan die Weskus, van die hand ge sit. Langebaan Manor is die eiendomsontwikkelaar Devmark Property Group se jongste aftreeontwikkeling en lok kopers van oor die land heen. Volgens die ontwikkelaar is die transaksies wat al in die aftreeontwikkeling beklink is weer ‘n bewys dat die Weskus boaan die lys is van mense wat na ‘n meer ontspanne lewenstyl op soek is. “Die eiendomsmark in die Weskus wat van Yzerfontein in die suide tot Velddrif in die noorde strek, insluitende die binnelandse dorpe soos Darling en Hopefield het in 2021 sy beste jaar sedert 2015 beleef, met ‘n toename van 30% in verkope op ‘n jaargrondslag,” se Jean Ehlers, direkteur van residensiele ontwikkelings by Devmark, lui ‘n verklaring. “Dit bevestig die tendens wat Lightstone geidentifiseer het dat huiseienaars stede en groot dorpe lid die pandemie verlaat op soek na ‘n rustiger lewenstyl.”

56 staan sake Die siviele konstruksies en die installering van elektriese dienste by Langebaan Manor is reeds aan die gang en volgens Devmark sal bouwerk aan die eerste eenhede na verwagting in Oktober begin. “Die ontwikkeling se 100 losstaande huise en 26 deeltitelwoonstelle sal oor die volgende 36 maande voltooi word, met die 25 gedienste ge sondheidsorgwoonstelle wat na verwagting kort daarna beskikbaar sal wees.” Volgens Ehlers is dit kopers van oor SuidAfrika heen wat eiendom in hierdie aftreeontwikkeling koop.

“Die semigrasietendens het nog nie oor die laaste twee jaar afgeneem nie, en afgetredenes verkies die kusgebiede as aftreeplek. Daar is ook groei in die mark vir landgoedverblyf, met bale afgetredenes wat die gerief en veiligheid verkies wat hierdie landgoedere kopers bied,” se Ehlers. Wat kry jy? Langebaan Manor is sentraal gelee binne hierdie gewilde kusdorp, en naby aan al die geriewe, sowel as die mooi strande om Langebaan se strandmeer. Langebaan beskik oor ‘n verskeidenheid vakansiegeriewe en ervarings. Dit sluit alles in van gholfbane tot watersport en plaaslike natuurparke. Die huise in die Langebaan Manorontwikkeling word in ‘n tipie se Weskusargitektuurstyl gebou. Kopers het ‘n verskeiden heid huis en woonstelontwerpe waaruit hulle kan kies. Die ontwikkeling word beveilig met van die voorste veiligheidstegnologie, en gaan oor sy eie sentrum vir verswakte en bystandsorg beskik. Volgens die ontwikkelaar is die maandelikse heffings ook bekostigbaar. Volgens Ehlers dra die nabyheld van Kaapstad by tot Langebaan se aantrekkingskrag as koopbestemming. “Dit het oor die jare in ‘n volwaardige vakansie bestemming ontwikkel, maar Langebaan behou steeds sy `kleindorpiegevoel’ met unieke Weskusargitektuur en kultuur. “Die dorp het ‘n ontspanne atmosfeer en bied kopers al die gehaltegeriewe wat nodig is vir ‘n gemaklike en luukse lewenstyl. Die mark hier ervaar ongekende groei, met baie Kapenaars wat van die tuiswerkgeleenthede gebruik maak en permanent hierheen verhuis.”

Devmark se ander ontwikke lings wat op afgetrede gemik is, is Cle Du Cap, Legato, La Vie Est Belle, Heritage Manor, Onrus Manor, Villa Cortona, Helderberg Manor en The Plettenberg Manor.

Kom kuier! Belangstellendes kan Langebaan Manor vandag tussen 10:00 en 16:00 vir ‘n opedag besoek. Vir meer inligting, kontak Walter Hart by 072 795 5371 walter@ langebaanmanor.co.za of besoek www.langebaanmanor.co.za. ‘n Kunstenaarsvoorstelling van een van die huise in die aftreeontwikkeling Langebaan Manor.